Kleine Bela is ‘n intieme gesinsvriendelike nuwe ontwikkeling in die hartjie van Bela-Bela wat deur die eienaars self ontwikkel word. Kleine Bela met sy skouspelagtige Afrika boslandskap wat in die majestieuse Waterberge geleë is, bied die ideale plek om te ontsnap na ‘n rustige en ontspanne familie-oord met uitstekende weer en sonskyn jaar deur, dit alles binne ‘n gemaklike 90 minute se ry vanaf Pretoria. Kleine Bela is versprei oor 55ha van ‘n ongerepte natuur en bied die ideale plek met pragtige skadu bedekte karavaan en kampeerplekke om jouself te laat herondek in die natuur en dit is wat Kleine Bela anders maak. Kleine Bela is die tuiste van baie voëlspesies en is ideaal vir die voëlkyker terwyl die res van die gesin langs die swembad ontspan. Bring jou fiets en neem ‘n asem varslug in die natuur. Kleine Bela bied ook pasgemaakte pakkette, of dit nou vir ‘n intieme troue van 30 is of ‘n groot wit troue van 130, ‘n “doen-dit-self” geleentheid, verjaarsdae of herdenkings, ons venue het die fasiliteite en kundigheid om jou droomgeleentheid ‘n realiteit te maak. Van gesinsbesprekings tot groep besprekings is welkom want hier word niemand weggewys nie. Alhoewel Kleine Bela nog nie tot sy volle potensiaal ontwikkel is nie, nooi ons jou uit om saam met ons die pad te kom stap, en ons sal jou wegbreek vir jou en die gesin ‘n onvergeetlike en ontspannende ervaring maak.