Verblyf

Kleine Bela het skaduryke, gras woonwa en tent staanplekke met 'n kragpunt by elke staanplek. Kleine Bela bied ook self-sorg akkommodasie aan vir gesinne of groot groepe afhangende van beskikbaarheid. Die ablusie geriewe is van natuurlike klip wat te alle tye netjies en skoon gehou word en is ingerig met n stort en wasbak wat privaatheid verseker vir elke kampeerder. Daar is ook baddens vir jonger kinders beskikbaar. Netjiese algemene opwasgeriewe is ook beskikbaar.


- Slaap 2 Persone
- Selfsorg eenheid
- Kombuis
- Badkamer
- Patio met privaat braai area
- TV, DSTV vol pakket
- Aircon

Asset

- Slaap 5 Persone
- Selfsorg eenheid
- 3 Kamers
- Kombuis
- Badkamer
- Privaat braai area

Asset

- 2 Swembaddens
- Speelparkie
- Dierepark
- Ablusie
- Braai area

Groep Besprekings


Hier is 'n ablusie met 4 gesinsbadkamers, ten volle geteel.
'n Groot swembad.
Hier is 'n kroeg, let wel die dranklisensie is nog in proses.
Hier is 'n oopsaal onderdak met tafels wat 60 mense kan huisves.
Dit is ook geskik vir troues of enige groot geleentheid.
‘n Groot boma met 2 braaiers vir ongeveer 60 mense.
Tussen die 2 dele is groot boomryke tuine wat dit ideaal maak vir troues of enige buitelug geleenthede.

ALGEMENE RE╦LS


Geen rook in badkamers nie.
Geen harde musiek na 22:00.
Neem ander kampeerders in konsiderasie.
Geen bome mag afgekap of take gebreek word vir vuurmaak nie.
Geen eet of drink in swembaddens nie.

- Geen Dagbesoekers.
- Slegs person ewat by mense wat reeds by die oordkamp wil kuier, sal toegelaat word met vooraf reelings.
- Naweke en langnaweke word as 'n geheel bespreek.
- 'n Minimum van 7 dae moet bespreek word vir die Desember vakansie.
- 'n Deposito van 50% moet betaal word binne 4 dae vanaf bespreking.
- Die oorblywende 50% moet ten minste 7 dae voor of op dag van aankoms betaal word.
- Gebruik asseblief U kwotasienommer as verwysing vir Elektroniese Fonds Oorplasings.
- Jammer, ons aanvaar nie tjeks nie.
- Geen kredietkaart fasiliteit nie.

Kansellasies
- Indien U kanselleer sal die volgende kansellasiefooie van toepassing wees:
- Meer as 14 dae voor aankoms - 10%
- 7 tot 14 dae voor aankoms - 50%
- Minder as 7 dae voor aankoms - 75%

Terugbetalings
- Geen terugbetalings vir laat aankoms of vroeg vertrek nie.

Ablusies
- Kinders moet deur 'n volwassene vergesel word as hulle die badkamers besoek.
- Die ablusie geriewe word daagliks skoongemaak, maar dis goeie maniere om die geriewe skoon en netjies te los.

Staanplekke
- 'n Maksimum van 4 persone per staanplek, Slegs een voertuig per staanplek.
- Slegs een woonwa en een 2-man tent ( maks 3m x 3m ) per staanplek.
- Vuur mag nie direk op die grasgemaak word nie - Gebruik asseblief die braaiers / bomas.

Swembaddens en Speelplek
- Eet, drink en rook in en om die swembad is verbode.
- Geen glasvoorwerpe toegelaat naby swembaddens.
- Toesig moet oor kinder sonder 12 jaar gehou word by die speelplekke.
- Kinders mag nie in die tuine speel nie.

Betree Kleine Bela op eie risiko, die eienaar, bestuurder, werkers of enige personeel in diens van Kleine Bela aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige ongelukke, skade of persoonlike verliese gely nie.

Indien enige probleem of situasie ondervind word kontak bestuur persoonlik of skakel enige van genoemdenommers.

Kontak Ons

13 km van Bela Bela op die Eersbewoon pad

Kleine-Bela

Bespreek Nou


Tel : 082 651 0558 | 083 651 0558



PRYSLYS

Area