'N WARE FAMILIE ERVARING

Kleine Bela is 'n intieme gesinsvriendelike nuwe ontwikkeling in die hartjie van Bela-Bela wat deur die eienaars self ontwikkel word. Kleine Bela met sy skouspelagtige Afrika boslandskap wat in die majestieuse Waterberge geleë is, bied die ideale plek om te ontsnap na 'n rustige en ontspanne familie-oord met uitstekende weer en sonskyn jaar deur, dit alles binne 'n gemaklike 90 minute se ry vanaf Pretoria. Kleine Bela is versprei oor 55ha van 'n ongerepte natuur en bied die ideale plek met pragtige skadu bedekte karavaan en kampeerplekke om jouself te laat herondek in die natuur en dit is wat Kleine Bela anders maak. Kleine Bela is die tuiste van baie voëlspesies en is ideaal vir die voëlkyker terwyl die res van die gesin langs die swembad ontspan. Bring jou fiets en neem 'n asem varslug in die natuur. Kleine Bela bied ook pasgemaakte pakkette, of dit nou vir 'n intieme troue van 30 is of 'n groot wit troue van 130, 'n "doen-dit-self" geleentheid, verjaarsdae of herdenkings, ons venue het die fasiliteite en kundigheid om jou droomgeleentheid 'n realiteit te maak. Van gesinsbesprekings tot groep besprekings is welkom want hier word niemand weggewys nie. Alhoewel Kleine Bela nog nie tot sy volle potensiaal ontwikkel is nie, nooi ons jou uit om saam met ons die pad te kom stap, en ons sal jou wegbreek vir jou en die gesin 'n onvergeetlike en ontspannende ervaring maak.

A TRUE FAMILY EXPERIENCE

Set in the majestic Waterberg Mountains, Kleine Bela with its spectacular African bush landscape provides the perfect location to escape to a quiet and relaxed family resort with excellent weather and sunshine year-round, all within a comfortable 90-minute drive from Pretoria. Kleine Bela, an intimate family resort spreads over 55ha of an unspoiled nature and offers the perfect location with beautiful and shaded caravan and camping sites to revive yourself. Kleine Bela is home to many bird species and is ideal for the bird watcher while the rest of the family laze around the pool while sunbathing in the African sun. Bring your bicycle and take a breath of fresh air in nature. Kleine Bela also offer tailor-made packages, whether it’s for an intimate wedding of 30 or a big white wedding of 130, a “do it yourself” occasion, birthdays or anniversaries, our venue has the facilities and expertise to make your dream occasion a reality. We will ensure a memorable and relaxing break away for you and the family.

Kleine-Bela

Bespreek Nou


13 km van Bela Bela op die Eersbewoon pad

Tel : 076 0500 219 | 083 651 0558



Area